KANEELBOLLETJIES

Bestanddele
50 ml. gladde appelkooskonfyt. 
125 ml. ( 1/2 kop.) margarien. 
5 ml. ( 1 tl.) koeksoda. 
25 ml. ( 5 tl.) kookwater. 
375 ml. ( 1 1/2 kop.) koekmeelblom. 
knippie sout. 

Stroop : 
330 ml. witsuiker. 
500 ml. ( 2 kop.) kookwater. 
12 ml. ( 2 1/2 tl.) fyn kaneel. 

Metode
Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer ‘n kleinerige oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Meng konfyt en margarien deeglik. Los koeksoda in kookwater op, voeg by konfytmengsel en meng. Sif meel en sout by en meng tot ‘n deeg. ( Dis ‘n baie sagte deeg.) Skep teelepelsvol van die mengsel in voorbereide oondbak. Verhit suiker, kookwater en kaneel oor lae hitte tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt. Giet warm stroop oor bolletjies en bak ongeveer 25 minute lank. Sit warm voor met roomys. Genoeg vir 4-6 mense. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 183 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *