KLAPPER EN PIESANG BOBOTIE:

Uit Anna Eksteen se 10 Bestes
Bestanddele 
2 middelslag-uie
1 knoffelhuisie
30 ml sonneblomolie
20 ml matige kerriepoeier
7 ml borrie
1,5 kg maalvleis
1 Granny Smith-appel
60 ml vrugteblatjang
2 ml fyn gerasperde suurlemoenskil                          
1 koppie witbroodkrummels
sap van 1 suurlemoen
12,5 ml sout
2 ml peper                                                                 
250 ml droë wit wyn of bief aftreksel
Bolaag:
50 ml fyn appelkooskonfyt
15 ml suurlemoensap
3 ryp piesangs                                                           
125 ml klapper
250 ml melk                                                              
2 eiers
Skil en kap die uie en knoffel.  Braai dit in die sonneblomolie in ‘n swaarboompot tot sag. Voeg die kerriepoeier en borrie by en roerbraai dit liggies.  Voeg die maalvleis by, roer dit met ‘n groot vurk los en braai dit stadig.  Rasper die appel grof.  Voeg dit by die vleis mengsel saam met die suurlemoenskil en -sap, vrugteblatjang, broodkrummels, sout en peper.  Sit die deksel op en prut die mengsel 30 minute lank oor lae hitte.  Voeg die wyn of biefaftreksel by en meng goed.  Skep die vleismengsel in ‘n oondvaste bak met ‘n volume van 3 liter  Verdun die appelkooskonfyt met die suurlemoensap en smeer dit oor die vleismengsel. Skil en sny die piesangs in skyfies.  Rangskik die skyfies op die vleismengsel.  Klits die melk en eiers saam en giet dit bo-oor.  Laat die bobotie ‘n rukkie staan sodat die eiermelk kan intrek.   Strooi die klapper bo-oor. Bak die bobotie sowat 45 minute lank by 190 C totdat die eiermelk gestol en goudbruin is. 
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 538 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *