Laat waai met daai hare

Die eerste paar dae in die kamp is chaos. Alles wat jy sien en ervaar is nuut. Jy staan letterlik vir alles in rye.

Die oggend draf jy van jou bungalow af na die menasie toe. Daar staan jy in ‘n lang ry en wag vir jou kos wat in jou varkpan gegooi word deur die vriendelikke kokke.

Daarnaa hardloop jy weer toilette toe en staan in n ry vir die toilet en wag. Want die Army kos en jou maag akkodeer nie so lekker saam nie.

Dan hardloop jy na die stoor toe om al jou klere te kry. Daar staan jy weer in ‘n ry en wag vir die stoormanne om jou uniforms aan jou te gee. Die stoormanne het daardie tyd gewerk teen die spoed van die heilige slak (Dit is baie stadig werk).

So gaan dit die heeldag aan. Hardloop van die een punt na die ander punt om daar te staan en wag vir die volgende ding om te gebeur. 

Na matriek was die grootmens ding om te doen om jou hare te groei. Dit was om te wys jy is nie meer ‘n kind nie maar ‘n grootmens.So kom die “Manne” mos in die kamp aan met hare in verskillende stadiums van lank. Party se hare is so lank omdat hulle op universiteit was. Hulle lokke het so in die wind gewapper as ons so van plek na plek gedraf het.

Die laaste stop vir die dag was om na die haarkapper toe te draf. Natuurlik was daar een lang ry gewees om in te wag. Maar hierdie keer was die wag die moeite werd. Wat dit so interssant gemaakhet, was dat die haarkaper die knipper in die een kant van die bos
hare ingedruk het en in die ander kant laat uitkom het.

Die haarkapper het net een styl geken. En dit was die nommer 2 haarknipper lemmetjie styl. Almal se “haarstyl” was presies dieselfde gewees.

Daar was ‘n paar manne wat so trots op hulle lang hare was, wat ‘n traan in die oë gekry het as die lokke so op die vloer geval het. Ek sien nog die prentjie van die haarkapper, geel vingers van al die rook, gerimpelde vel en bewerige hande, met ‘n sigaret wat so uit sy mondhoeke hang.

Ons hare is toe van daar af gereeld gesny. As ek reg kan onthou was dit so elke 2de week gewees. Vir die wonderlike diens is daar ‘n masiewe bedrag van 50 sent van ons salarisse afgetrek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 136 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *