Lewerkoekies

Lewerkoekies

Bestanddele
500g skaaplewer
250ml gesnyde groenboontjies 
1 middelslag tamatie
1 sny brood
180ml ongesif afgemeet meelblom 
10ml sout
kookolie vir vlak braai.
4 middelslag aartappels
2 spinasieblare
1 ui
3 eiers
15ml bakpoeier
1ml peper 

Metode 
Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui. Maal die brood laaste(sodat jy terselfdertyd die meul skoonmaak.)Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en  meng goed. Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin. Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor. Hierdie koekies vries goed. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 762 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *