Maalvleis en rys kasserol

Bestanddele
1 groot uie
500 g maalvleis
1 k rys
1 beesstertsoppoeier
2 k water
1 blik heel geskilde tamaties

Metode:
Verhit oond tot 180°. Smeer oondkasserol met inhoudsmaat van 8 k. Skil uie en kap grof. Voeg die gemaalde vleis, rys soppoeier en water by. Sny tamaties in stukkies en voeg saam met sap by vleismengsel. Meng alles met vurk en skep in bak. Bak gereg ongeveer een uur totdat ryskorrels gaar is. Sit warm voor met slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 568 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *