Pos parade

Enige soldaat leef van briewe van die huis af. Saam met die briewe is enige pakkie met 
lekkerrnye ook welkom. In die boek sal julle ook sien dat pos ʼn baie belangrike rol in die 
soldaat se lewe speel.

Dit is positiewe en dan ook die negatiewe nuus. ʼn Brief waarin ʼn soldaat afgesê word deur sy meisie word ʼn Dear Johny genoem. Die brief word moontlik so genoem omdat die afsê brief in Engels gewoonlik begin met Dear Johny.
Al die nuus wat in die brief geskryf word, word verslind en weer gelees en aangehou lees tot die volgende brief opdaag. Agter op die brief word gewoonlik deur die meisie iets geskryf soos SWANK (Send with a nice kiss). As jy dit agter op die koevert lees dan weet jy vir ʼn feit dit is nie ʼn Dear Johny nie. So was daar baie afkortings gewees wat ek op die oomblik nie kan onthou nie.

Verder as die meisie baie verlief was, Het sy op die skryfpapier en op die bladsye van haar gunsteling parfuum gespuit. So as jy daardie brief kry, ruik jy jou geliefde en dan is dit die tyd wat jy bewoë raak en verlange.
Soos ek al gesê het, het ʼn klompie van ons, ons basiese opleiding gaan doen by 1 Valskerm Bataljon. Een keer per week, as ek reg kan onthou op ʼn Woensdag aand het ons Pos parade gehad. Almal het informeel voor die bungalow gaan staan en jou korporaal het dan die name gelees en dan jou pos aan jou oorhandig.
Die kompanie klerk het die pos mooi alfabeties gerangskik, en as jou naam gelees word kry jy, as jy gelukkig is sommer so ʼn hele paar briewe. Wat ʼn fees.
 In die kamp was ʼn korporaal gewees wat in beheer was van al die drywers. Hy was so jaar voor my in matriek gewees. En hy het my en toevallig my liefde baie goed geken. Elke keer as daar pos parade was, het Manie met ons korporaal gekonkel en dan het hy ons pos kom uitdeel. Natuurlik het hy ʼn baie goeie rede gehad.
 Hy het almal se pos uitgedeel en dan myne gehou tot laaste toe.Wat ʼn marteling was dit nie vir my gewees nie. As Manie by my briewe uitgekom het, moes ek ʼn sekere aantal push ups gedoen het, afhangende van die afkortings op die koevert of die reuk van die koevert. As Manie net ʼn sweempie van parfuum geruik het, moes ek op my staal bed kassie gaan staan met my staaldak op. Natuurlik is die Dobey of beskermde plastiek binne dop uitgehaal. Vir elke brief moes ek van die kassie afspring. Soos later gelees sal word, het die staaldak ʼn wil van sy eie. As jy afspring gaan die staaldak op en sodra jy tot stilstand kom sodra jy jou des moers op die vloer geval het, kom die staaldak met een groot spoed af te lande op jou kop.
So moes ek arme drommel vir elke brief push ups doen of van die bed kassie afspring. 
Dit het later so erg geword dat ek vir liefie geskryf het om haar te weerhou van afkortings of parfuum. 
Manie as jy ooit hierdie eendag lees, hoef jy nie bang te wees nie. Ek sal nie jou beseer op een of ander manier as jy nie oor jou skouer loer nie. Daardie tyd het ek pos parade met ʼn passie gehaat. Maar vandag is alles vergewe. Ek dink terug na daardie tyd met “fond
 memories”. Want alles was die moeite werd gewees.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 121 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *