SONSKYNSLAAI:

Uit Anna Eksteen se 10 Bestes

Bestanddele
½ knoffelhuisie geskil
1 klein botterslaai gesnipper
60ml stingelui fyngekap
500g gaar beet afgekoel,geskil & in skyfies gesny
200g gevlokte gedreineerde tuna
125ml seldery fyn gekap
2 hard gekookte eiers, afgedop & gekap
125ml mayonnaise
sout
peper
grasuie vir garnering

Metode
1. Vryf die slaaibak met die knoffelhuisie uit.
2. Meng die botterslaai en stingelui in die slaaibak.
3. Rangskik die beet, tuna, seldery en gekapte eiers bo-op.
4. Meng die mayonnaise en geurmiddels en skep dit in die middel van die slaai.
5. Garneer dit met gekapte grasui en verkoel ongeveer ‘n uur voor opdiening.
6. Meng dit liggies voor bediening.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 188 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *