Souserige beesstert

Bestanddele
2 kg beesstert (in porsies gesny)
koekmeelblom
2 groot uie (gekap)
60ml tamatiepasta
500ml droÎ rooiwyn
250ml vleisaftreksel
vars gemaalde swartpeper
paprika
250g swoerdlose spekvleis (in blokkies) 2 knoffelhuisies (gekneus)
10ml roosmaryn
410g heel tamaties
sout 

Metode
Rol beesstert in mengsel van paprika en meelblom. Braai spekvleis in eie vet. Verwyder uit pot en hou eenkant. Giet olie in pot indien nodig en braai beesstert in klompies tot goudbruin. Hou eenkant. Soteer uie in dieselfde pot tot sag en voeg knoffel by. Roer tamatiepasta en roos maryn by en voeg wyn by. Verhit tot kookpunt en skraap boom om deeltjies wat vassit, los te maak. Voeg tamaties en aftreksel by vloeistof en voeg beesstert en spekvleis by. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op. Laat prut tot vleis sag is, – ongeveer 2 ure. Geur na smaak. Indien verkies kan sous verdik met pasta van meelblom en water. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 806 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *