Spek-en-eier-spaghetti

Met vergunning www.funkymunky.co.za

Bestanddele
200 g spaghetti
sout
250 g spekvleis
4 eiers
75 g gerasperde cheddar (¾ k)
growwe swartpeper

Metode:
Kook spaghetti tot sag. Spoel af onder lopende koue water. Snipper spekvleis en braai tot gaar. Voeg spaghetti by, met spekvleis en verhit stadig tot goed warm. Klits eiers en voeg die kaas by. Roer die eiermengsel by spaghetti. Verhit stadig totdat eiers romerig gaar is en kaas gesmelt het en roer af en toe. Geur na smaak met sout en swartpeper en sit dadelik voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 156 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *