VAKANSIE TRIFLE

Dankie vir jou resep ErnaButler

More Frik… vir almal wat van trifle en suurlemoen kaastert hou!

Die kinders praat altyd van die vakansie trifle,  want dis vars en koel in die warm somerdae by die see…

Bestanddele
1 pakkie suurlemoenjellie (80 g)
375 ml kookwater
250 g maas-/roomkaas
1 rolkoek in skywe gesny
50 ml amandellikeur (opsioneel)
100 g pekanneute grof gekap
100 ml rooi glanskersies
50 ml groen glanskersies
500 ml boksvla
250 ml room
1 blik (397 g) kondensmelk
125 ml suurlemoensap

Metode
Maak die jellie met die kookwater aan en laat tot kamertemperatuur afkoel. Klits die maas- of roomkaas by. Pak die rolkoekskywe in n enkellaag in n mooi glasbak en sprinkel die helfde vd likeur oor. Giet die jelliemengsel oor en plaas in yskas tot styf. Sprinkel die helfte vd neute en kersies oor en dan die vla bo-oor.Pak weer n laag rolkoekskywe. En sprinkel res vd likeur oor.Klits die room styf. Meng die kondensmelk en suurlemoensap saam en roer  in by die room. Skep dit bo-op koek en sprinkel res vd neute en kersies bo-op. Hou in yskas tot opdiening.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 193 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *