Vinnige en Maklike Melktert

Bestanddele
1 Blik Kondensmelk 
6 Eetlepels Mazina 
1 eetlepel Botter 
1 Teelepel Vanilla Essence 
2 Koppies Water 
2 Eiers Geskei. 

Metode
Verhit Kondensmelk en water tot kookpunt. Maak Mazina aan met bietjie water. Voeg by kondensmelk en laat kook tot dik. Voeg botter en Vanilla by. Verwyder van hitte voeg eiergele by. Kook weer tot gaar. Verwyder weer van hitte en voeg styfgeklitste eierwitte by. Voeg in tertkors van tennis beskuitjies. Bak in oond by 180grade.vir 30 min. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 969 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *