Wagstaan in Pretoria

In Pretoria, by die Presdident se woning, was ons wagkamer vêr van die huis af gewees en ons het voor die hoofhek gestaan. 

Reg voor die hoofhek in Kerkstraat was daar ʼn robot gewees. Die robot het ons van die wagkamer af beheer. So as die president uitgegaan het, het hulle ons laat weet dat hy op pad is. Ons het dan die robot vir die verkeer op rooi gesit. Sodra die President uit is, het ons weer die robot na groen verander.

Een Vrydag was ons groep op wagdiens gewees. Die middag was almal dors en lus vir iets soets. Ek sê toe vir hulle ek sal die tuinjong se fiets leen en kafee toe ry. Ek trek my uniform se baadjie uit en trek sommer ʼn trui aan. Klim op die fiets en daar is ek ooppad hek toe. Van my vriende dink toe dit is ʼn goeie idee om die robot te verander na rooi toe. ʼn Ander een maak die hek vir my oop.

Die hele Kerkstraat se verkeer staan stil en wag vir die President om uit te kom. En wat sien hulle ʼn SP Wag wat met ʼn fiets uitry na die kafee toe. Baie van die mense het toeter vir my gedruk en vinger na my gewys.

In die aande as ons so in die nanag wag gestaan het, het die twee van ons in die middel van die pad gesit, rug teen rug. Sodra ons ligte in die vêrte sien aankom staan ons op en gaan staan in ons wag hokkies.

Oorkant die pad het ‘n ou tannie gebly, en sy het die mooiste perske bome in haar tuin gehad. Na middernag het ons die bome verlos van so paar perskes af. Gelukkig was die muur om die tannie se huis baie laag gewees.

 Vrydae en Saterdae aande was altyd lekker gewees om wag te staan. Net na middernag kom die studente van Tukkies van hulle partytjies af. Hulle was baie gelukkig en vrolik gewees daardie tyd van die aand. Meer as een maal het hulle voor ons gestop en
uitgeklim en dan bier voor ons kom neersit.

Een aand was een van die manne wat wag gestaan het siels ongelukkig gewees. Die studente het weer gestop en hulle het die meisie wat saam hulle was, gevra om agter die een spesifieke wag te gaan staan. Sy het agter die wag gestaan, en so met haar hande
oor sy bors gestreel. 

Een ding wat ons nooit gedoen het nie, was om te beweeg as ons wag gestaan het. Maak nie saak wie voor jou is, of wat gebeur nie, jy kyk voor jou en staan stil. Die man staan stil en roer nie. Hy reageer nie op die meisie se streling nie. Die meisie klim in die kar
en die studente is daar weg. Die studente het reaksie verwag, maar hulle het niks gekry nie.

Die een rede hoekom die wag so siels- ongelukkig was en geen reaksie getoon het toe die meisie hom gestreel het nie, was omdat hy gay was. Ek weet nie wat sou gebeur het as sy by die ander wag gaan staan het nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 137 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *