1Joh 2V27-1Joh3V2

Woensdag 19 Nov. 2014 Tema: Hy is Regverdig  3
****My eie woorde
**** Weet julle Jesus ons Here  is so regverdig dat nie een van
ons eendag voor Hom sal kan gaan staan en sê “ Ek het nie
geweet nie , of “iemand anders het vir my gesê”… Sy Woord sê
Hy het ons elkeen toegerus met SY Heilige Gees, daardie
stemmetjie wat ons onderrig en leer , wat ons pla as ons links of
regs wil afwyk Verseker leer ons bymekaar, maar dan moet ons
dit gaan meet aan SY Woord en nie soos ek groot geword het of
hoe ek dink nie. Die vraag is, as ek en jy voor die Koning van die
heelal verskyn gaan ons by die skape of die bokke gereken word,
by die kaf of die koring. Dit wat ons nou kies en doen het
ewigheidswaarde.
1Joh 2V27-1Joh3V2
27  En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en
julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos
dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar
en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle
in Hom bly.28 ¶  En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons
vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van
Hom weggaan by sy wederkoms nie.29  As julle weet dat Hy
regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid
doen, uit Hom gebore is.1  Kyk wat ʼn groot liefde die Vader aan
ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word!
Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken
het nie.2  Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie
geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy
verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos
Hy is.
Openbaring 1:7  Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal
Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte
van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
Matteus 25:33  en Hy sal die skape aan Sy regterhand en die
bokke aan Sy linkerhand sit.V34  Dan sal die Koning vir die wat
aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader,
beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van
die wêreld af.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 19 November 2014
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Edna Tolmay 19 Nov
Duelinda Botes 19 Nov
Jy mag ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 69 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *