2 Tim 2V24

Woensdag 12 Nov. 2014 Tema: Bekwaamheid in Sy diens 3
****My eie woorde
****Toe ek hierdie gedeelte lees, toe besef ek hoe ver ons almal
nog tekort skiet. Paulus gee hier ‘n opdrag aan Timotheus maar
so ook aan elkeen van ons. Gister het ons gesien ons word net
bekwaam deur ervaring en oefening. Nou my vraag , hoeveel
ervaring en oefening kry ek in die Woord? Dan die ander vraag
kan jy en ek onreg dra? Dis nou daardie verkeerde goed teen ons
? Nie maklik nie nê glad nie maklik nie, ons is mos altyd reg om
ons kant te stel ….tog sien ek hierin ‘n sending opdrag vir elkeen
van ons .Kom ons kyk weer daarna wat Jesus gedoen het vir my
en jou
2 Tim 2V24 ‘n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie.
Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om
ander te leer en iemand wat onreg kan dra.V25 Met vriendelikheid
moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle
bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring.V26 Dan sal
hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van
die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te
gehoorsaam.
Jes 53:5  Oor óns oortredings is Hy deurboor, oor óns sondes is
Hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom,
deur Sý wonde het daar vir ons genesing gekom. V6  Ons het
almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop,
maar die Here het ons almal se sonde op Hom laat afkom. V7  Hy
is mishandel, maar Hy het geduldig gebly, Hy het nie gekla nie.
Soos ‘n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ‘n skaap
wat stil is as hy geskeer word, het Hy nie gekla nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 12 November2014
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Adriaan v Jaarsveld 12 Nov.
Andre Oosthuizen 12 Nov.
Christelle Meyer 12 Nov
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 66 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *