AMARULA SJOKOLADEKOEK

Met vergunning www.funkymunky.co.za

Bestanddele
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Bestanddele STROOP
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade
Stel oond op 180 grade Celsius.
Metode Beslag:
Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen skoon uitkom.

Metode Stroop:
. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by. Roer goed. .
Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop
oor.

Metode Versier:
Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor.
Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit
belemmer die smaak). Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly.
WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,729 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *