CROISSANTS SJOKOLADE POEDING

Baie dankie vir die resep Erna Butler

N heerlike ryk poeding wat vooraf gebak word en dan weer warm gemaak word. Nog n resep vd besige huisvrou.

Verhit die oond by 180 grade

BESTANDDELE
2 eetlepels botter
1/2 koppie Amarula
1 koppie room
1 koppie melk
1/2 koppie suiker
3 eiers
6 Croissants in stukkies gesny
200 g sjokolade grof gekap

Metode :
1. Sproei n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
2. Klits saam: Amarula, room, melk, suiker en eiers. Voeg die broodblokkies by en laat week vir 10 minute.
3.Skep helfte vd broodmengsel in voorbereide bak. Strooi helfte vd sjokolade bo-oor.
4. Volg met res vd broodmengsel met res vd sjokolade bo-oor

Bak vir 20 minute onbedek totdat die poeding goudbruin en uitgepof is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 528 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *