Deur my sondes het ander mense gesondig

Deur my sondes het ander mense gesondig
As ‘n gerehabliteerde seks verslaafde het ek gesien wanneer jy sondig affekteer die sonde nie net vir jou nie maar almal om jou. Jou vrou en kinders lei die ergste daaronder. Hulle moet die vernedering en verwerping deurstaan.
Daardie dag wanneer jou lewe ontbloot word staan jy eintelik naak voor almal. Want al die mense om jou sien en weet alles van jou sonde. Deur jou sonde wat jy gedoen het, ly jy ook ander mense na die sonde toe al het jy jou hart vir die Here gegee.
Die groot probleem met sonde is dat dit so lekker is om te doen en ons almal val in daardie strik.  Dit is mos maklik om ‘n stertjie by te las as jy ‘n storie gehoor het. Deur net ‘n stertjie by te las of erger nog om die storie oor te vertel pleeg ons sonde.
Hoekom las ons stertjies by en vertel daardie mens se sonde so vinnig oor? Ons verlustig ons in daardie mens se sonde, want daardie mens se sonde is groter as ons sonde. En ons is tog so dankbaar dat ONS sonde nie aan die lig gekom het nie.
Na ons die storie met die stertjie versprei het is die tweede stap gewoonlik om daardie persoon te vermy. Hoekom? Omdat ons bang is die mense wat my saam daardie groot sondaar sien sal dink ek is ook ‘n groot sondaar. Ons moet wakker word want ons almal is sondaars.
Wat sal die Here graag wil hê ons moet doen? Veroordeel die persoon se dade en nie die persoon nie. Moet nie stories wat jy hoor verder versprei nie. Gaan na daardie persoon toe en reik ‘n hand van vriendskap uit. Bid saam en vir daardie persoon. Stap die pad saam met daardie persoon. Wees ‘n steunpilaar vir daardie persoon. Vergewe daardie persoon vir wat hy of sy gedoen het.  As ons nie daardie persoon vergewe nie, sal ons sondes nie vergewe word nie. Dit is die waarheid en staan in die woord van God.
‘n Persoon wat aan iets verslaaf was, sal jou vertel dat om ontslae te raak van verslawing is ‘n stryd wat jy elke dag moet stry. Daar kom dae wanneer die versoekinge in jou pad kom en dit is wanneer jy daar moet wees vir daardie persoon om daardie dag vir daardie persoon ‘n waarlike broer of suster te wees en ondersteuning te gee en saam te bid.
Aanvaar daardie persoon as mede broer of suster in die gemeenskap van Jesus Christus. 
Om my punt te bewys wil ek graag net die volgende opskrif wat ek geplaas het hier neerpen en julle vra wat is julle eerste reaksie wanneer julle dit lees?
Jong Ma van 23 met 3 kinders elkeen van ‘n ander Pa.
Kom ons wees eerlik met mekaar, wat was ons eerste gedagtes? Hoer, slet, tert of nog honderd ander name? Of het ons, ons koppe laat sak en gebid vir haar?
Ons het die arme vrou nie ‘n kans gegee nie, maar haar onmiddelik veroordeel. So maklik en so vinnig. Ons het dit gedoen sonder om te dink.

Die berig was oor ‘n Ma van 23 wat nie ‘n goeie lewe gehad het nie. Maar sy het die Here gevind. Noudat ons die waarheid oor haar weet, wat is die eerste gedagte wat in ons koppe opkom?
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 109 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *