Die Blikkies Koeldrank

Opleiding hou nie op in die weermag nie. Toe ons op die grens aankom moes ons nuwe vaardighede aanleer. Op ʼn stadium het ek opleiding ontvang in die Bazooka. Dit is anti tank wapen. Om die wapen doeltreffend te werk moet die Bazooka deur twee mense hanteer word. Die een laai die wapen en ʼn ander een skiet.

Ander dinge wat ons ook moes aanleer is om al jou kit (toerusting) so te pak dat dit nie geraas maak as jy loop nie. Die grootse probleem was dat jou dixies altyd geraas het as jy geloop het of gtehardloop het. Wat ons daar gedoen het was om dan stoflappe om elke dixie te draai sodat die dixie se handvatsels nie raas nie.

Alles wat kan nat word, wat nie veronderstel was om nat te word nie, moes individueel in plastiek sakkies toegedraai word. So het ons, ons klein Bybeltjies in plastiese sakkies toegedraai. Jou sigarette vir die wat gerook het, is ook toegedraai.

So is ons geleer om alles klankdig of kom ons se geraas dig te maak. Dit klink miskien onnodig, maar as mens in ʼn bos is, en iets begin raas, kan die vyand jou so opspoor en aanval.

Nog iets wat ons aangeleer het was om in die aande te gaan stort voor ons op patrollie gaan. Die rede daarvoor is dat as jy die oggend gaan stort en skeer en dan in die veld patrollie gaan loop, kan die vyand jou op ʼn afstand ruik, omdat jy nog die seep reuk
aan jou het.

So moes ons ook waar ons op patrollie was en dalk gerus het, netjies skoongemaak het, geen rommel moes agter gelaat word nie. Die vyand kan baie van jou deur jou rommel agterkom. Alle batterye moes heeltemal opgekap word en vernietig word, aangesien die
vyand die bietjie krag wat dalk nog oor is in die battery kan gebruik om ʼn bom te maak wat deur die battery ontsteek word.

As jy koeldrank oopmaak moet jy die ringetjie in die blikkie gooi en dan die koeldrank drink. Nou kan ek al klaar ʼn paar wenkbroue sien lig. Al die paaie op die grens was grondpaaie gewees. As jy die ringetjie op die pad gooi, en die manne met die metaalverklikkers
vee die pad, moet hulle elke paar meter stop, oop grou en kyk of dit nie ʼn land myn is nie. So mors jy dan baie kosbare tyd en geld.

Dit is een van die dinge van die weermag wat my nog altyd bygebly het, want tot vandag toe, wanneer ek ʼn blikkie koeldrank drink breek ek die ringetjie af en gooi dit in die blikkie. ʼn Gewoonte wat ek seker nooit in my lewe sal afleer nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 469 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *