Die Koeke en die Wag

Dit was so lekker in die Kaap gewees. Drie weke van verlof. As ons by die president gaan 
wagstaan het was ons ses plus ʼn onderoffisier gewees. Ons het 24 uur wag gestaan. In die Kaap was dit vervelig om te staan, want dit was in die parlement dorp gewees. Die een wag staan by die slaapkamer en die ander wag by die kombuis.
Nou met ek se die vensters was vêr van die grond af. So staan die een groep die een Saterdag on die Kaap wag. Die kok het die middag die heerlikste tert gebak. Die man sit toe die tert
 op die vensterbank om af te koel. Die president se vrou sou die middag gaste vir tee gekry het. Net na die wagte omgeruil het, het die ou wagte terug gekom mekaar opgetel en die tert verlos van waar hy op die vensterbank gestaan het.
Hulle is na die wagkamer en vaar in die tert in. Hulle los vir die twee manne wat aan diens was darem ook ʼn stukkie tert. Net so na 4 die middag kom die president se vrou se gaste daar aan. Die kok soek die tert en daar is niks. Weg. Gelukkig het hy nog iets êrens gehad en die belangrike gaste het iets saam met die tee gehad.
Daar was groot stories oor die tert gewees. Die manne moes net die bestanddele vervang het. Die president se vrou was jammer vir hulle gewees. Die staf was ook so half beïndruk gewees, want hy is na die basis se kokke toe gewees en het daar vir hulle al die bestanddele gaan bymekaar maak. Een van die manne wat betrokke was, is vandag ʼn geëerde en gerespekteerde skoolhoof.
Andre baie dankie dat jy hierdie insident moontlik gemaak het.

(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui