Fiksheid en evaluasie

Ons opleiding by die SP Wag, was van uitstaande gehalte gewees. Niemand kon naby ons kom met dril nie. Ons het ook baie PT gedoen en die meeste van ons kon redelik skiet.

Elke Vrydag middag het ons die 2.4 gehardloop. Die moes jy in ‘n sekere tyd aflê. Twaalf minute as ek reg kan onthou. Jy moes staaldak, jou webbing aangehad het, en die afstand moes jy ook
met jou geweer gehardloop het. Dit was maar vir ons net ‘n steurnis wat elke Vrydag moes klaarkom.

So aan die einde van ons opleiding moes ons evaluasie toetse doen, wat oor so paar dae gestrek het. Ek kan nie eers onthou wat alles deel was van die evaluasie nie. Ons moes die 2,4 doen, dril, skiet en êrens was daar nog ‘n roete mars gewees.

Ons het ons beste gedoen. Want aan die eenkant is ons deur ons instrukteurs gedreig met die dood as ons sou droogmaak en aan die ander kat was daar so vae belofte gemaak oor ‘n groot verassing as ons goed sou doen.

Alles het baie goed afgeloop. Ons was “on top if the game gewees”. Waar iemand gesukkel het, het die ander makkers gegaan en daardie een gaan help. Daar is partykeer ‘n persoon letterlik deur twee ander kamerade oor die eindstreep gesleep.

Met die evaluasie klaar en ons rowers wat nou al goed aan die gang is het ons na die evaluasie bitterlik min gedoen. Ek kan so vaagweg iets onthou van Israeli weermag opleidings flieks wat ons moes gaan kyk het. Nie dat ons, ons enigsins aan dit gesteur het wat ons gesien het nie.

So week of twee na die evaluasie word ons almal eendag bymekaar geroep. Die Offisiere en instrukteurs staan en glimlag van oor tot oor. Daar word aangekondig dat ons eenheid die beste in die land gedoen het. Almal was natuurlik bly dat ons so goed gedoen het, en natuurlik beter gedoen het as die Bats (Valskerm soldate).

Groter was die vreugde toe ons gehoor het, dat ons sowat drie weke van ons diensplig gaan afkry. Ons gaan drie weke voor die tyd uitklaar. Daar was kakofonie in die basis gewees.
Al wat ons nog moes doen, was een parade by die Voortrekker monument en dan was dit koebaai met die army gewees.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 125 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *