Gebakte sampioenpasta

Genoeg vir: 8 porsies
Bereidingstyd: 35 minute, plus staantyd van 30 minute
Oondtemperatuur: 180 ºC
Baktyd: 30 minute

Bestanddele
125 g porcini-sampioene
100 ml botter
75 ml koekmeel
10 ml tiemie, gekap
5 ml roosmaryn, gekap
375 ml room
1 ui, fyngekap
500 g dwergsampioene, in kwarte gesny
500 g bruin sampioene, in skyfies gesny
varsgemaalde swartpeper na smaak
500 g spaghetti
200 ml pecorino, gerasper

Metode
1 Plaas die gedroogde sampioene in ’n mengbak en giet 1 liter kookwater daaroor. Laat dit vir sowat 30 minute staan. Skep die sampioene met ’n gaatjieslepel uit en druk dit met jou hande droog. Behou die vloeistof.
2 Smelt 75 ml botter in ’n kastrol en roer die koekmeel by. Voeg die sampioenaftreksel by en roer dit tot glad. Voeg die kruie en room by en laat dit kook. Verlaag die hitte en laat dit vir sowat 30 minute prut.
3 Voorverhit die oond. Verhit die res van die botter en soteer die ui tot sag. Voeg die res van sampioene by en roerbraai tot sag.
4 Kook die spaghetti effens korter as die aanbevole gaarmaaktyd en dreineer dit. Meng dit met die sampioensous en gebraaide sampioene, geur na smaak en skep dit in ’n gesmeerde oondskottel. Sprinkel die pecorino oor en bak dit vir sowat 30 minute.

[divider]

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 108 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *