Baie dankie vir jou resep Erna Butler
Hierdie resep is ideaal vir byvoeging tot n buffetete vir die feesgety op hande.
Die fillet kan voor die tyd tot by stap 3 gemaak geword.
Betsanddele
1,5 kg beesfilet
EERSTE MARINADE
Meng: 45 ml sojasous
2.5 ml sout
30 ml olie
5 ml bruinsuiker
TWEEDE MARINADE
1 bottel 340 ml GRIEKSE SLAAISOUS
Metode
Sit die filet in n glasbak en gooi die eerste marinade oor. Bedek en marineer vir 3 ure
Voorverhit die oond tot 180 grade
Haal die filet uit die marinade en klad droog.
Sit dit in n oondpan en bak ONBEDEK vir 20 minute
Haal uit en bedek dadelik met foelie en laat eenkant afkoel.
Plaas die afgekoelde filet in tweede marinade en verkoel oornag in die yskas.
Haal filet uit die marinade en sny in dun skywe. Versier die vleisbord soos verkies….
(Visited 204 times, 1 visits today)
Advertisements