Heerlike Souttert

Bestanddele
1 Groot Ui (fyngekap)
½ koppie fyn vars sampioene
½ groenrissie (fyngekap) (green
pepper)
1 pak (250 g) fyn spek (Bits ‘O
Bacon)
1 EL fyn knoffel
250 ml (1 kop) melk
125 ml (½ kop) Koekmeelblom
2 eiers, geskei
250 ml (1 kop) gerasperde Cheddarkaas
1-2 tamaties
Sout en peper na smaak
Cayenne peper.

Metode
Braai spek tot gaar. Voeg by ui, knoffel, groenrissie & sampioene. Smoor tot uie glaserig is. Meng melk, meel, eiergele, sout en peper. Vou spekmengsel by en meng goed. Klits eierwitte styf en vou in by mengsel. Smeer groterige bak en gooi mengsel in. Sny tamaties dun skyfies bo-op. Strooi kaas bo-op. Sprinkel Cayennepeper bo-op. Bak vir ± 30 minute by 180°C of tot gestol.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 473 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *