HOENDERLEWERS OP ‘N STOKKIE

Bestanddele
125 ml olyfolie
10 ml gekapte vars pietersielie
2 fyngekapte knoffelhuisies
30 ml Italian Salad Dressing
1t gerasperde suurlemoenskil
5ml fyn gekapte ui
1e Sweet-Chilli sous

Metode:
Klits alles bo saam [en as jy wil Peri-Peri bysit voeg dit ook by] Sny 1 rooi en 1 geel soetrissies in stukke en ryg afwisselend met hoenderlewers aan sosatiestokkies [jy kan ook peppedews gebruik] Plaas in bak, gooi marinade oor en laat vir 1 uur marineer of langer Oondbraai dan vir 6 minute by 200ºC tot gaar of braai op stadige kole!!!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 219 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *