Kaap Toe

Julie maand kruip al hoe nader. Ons is opgewonde want ons moet Kaapstad toe gaan vir die parlements opening. Ons het geweet ons sal van vroegoggend tot laataand dril, maar ons het nie omgegee nie, want ons gaan Kaap toe.

In die Kaap het ons by die Lugafweer mense gebly. Dit was lekker nat en koud gewees. Ons is mos al sewe maande in die weermag gewees, en natuurlik opgelei in al die kunsies, wat 
ons onder normale omstandighede nie sou aanleer nie.

Een van die kunsies was AWOL gewees. Ons het vinnig ‘n plan bedink. As SP Wagte het ons groen reënjasse gehad, wat natuurlik by ons uniforms gepas het. Youngsfield se rowers was maar so week of twee in die weermag gewees.

Die idee tref ons met een groot spoed. Ons trek ons groen reënjasse oor ons browns aan en loop na die hoofhek toe. Die arme rowers skrik hulle oor ‘n mik, want al wat hulle in daardie tyd geken het was browns gewees.

Toe ons so aanloop na die hek toe, spring die rowers op aandag en salueer. Ons salueer flink terug en stap deur die hek na die kafee toe. So het ons elke aand wat ons daar was kafee kos geëet. 

Ons het ook maar baie afgeshow as ons die kans gekry het. Na ontbyt en oggend parade het ons het ons so paar minute gedril.Gewone dril was nie goed genoeg gewees nie. Nee ons het alles perfek gedoen, maar in ‘n drafstappie. Die gunners se oe het behoorlik uitgeval.

Op die ou vliegveld in Youngsfield het ons elke Vrydag middag paal PT gedoen. Dit was moerse pale gewees en daar het nog teer aangesit. Die eerste Vrydag kom ons staf en se die eerste helfte wat klaarmaak kan pas kry.

Ons het daardie middag met die pale om die ou vliegveld gehardloop. Ons het so 10 voor 4 klaar gekry. 4 uur kon ons op pas gaan. Dit was die vinnigste wat ek nog in my lewe gestort het. Ek trek my step outs aan met teer wat nog aan my skouers vassit. Maar op pas sal ek gaan.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 98 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *