KERRIE-EIERS OF KERRIE-AARTAPPELS

Basiese bestanddele
3 eiers/3 aartappels
1 ui
4 eetlepels botter, olie of margarien

Nat Bestanddele
1 koppie hoenderekstrak
½ eetlepel asyn of suurlemoensap
½ eetlepel water
1 eetlepel appelkooskonfyt

Droë Bestanddele
1 eetlepel kerriepoeier
2 eetlepel suiker
1 eetlepel mielieblom
sout en peper na smaak

METODE
Kook die eiers hard (10 minute) en sny in kwarte/ stoom die aartappels gaar en sny in blokkies. Braai die uie in olie tot deurskynend en voeg die eiers/aartappels by en laat staan. Meng die droë bestanddele en voeg dit by die hoenderekstrak, asyn en appelkooskonfyt. Roer goed en laat vir ongeveer 5 -10 minute in die pan prut. Gooi versigtig oor die eiers (eiers in kwarte gesny)/ aartappels en dien op, op ‘n bed van rys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,387 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “KERRIE-EIERS OF KERRIE-AARTAPPELS”

  1. Oooo ek soek lankal eier kerrie
    Dankie soek nog maklike resepte vir EEN persoon
    Tillie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *