KERS-TRIFLE

Baie Dankie vir jou resep Erna Butler

Bestanddele
1 blik (397g) kondensmelk
125 ml suurlemoensap
2 houers (250 g elk ) gladde maaskaas
1 (350g ) sjokoladerolkoek (klaargekoop)
100 ml kersie- of Van der Hum Likeur
150 g marachinokersies
50 g amandelvlokkies
2 Flake sjokoladestafies

Metode
Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam tot dik.
Voeg die maaskaas by en roer tot glad.
Plaas n laag sjokoladerolkoekskywe onder in n glasbak en giet n derde vd likeur oor.
Plaas vd kersies bo-op en sprinkel amandelvlokkies oor.
Skep n derde vd maaskaasmengsel oor en sprinkle vd sjokoladevlokkies oor.
Herhaal die lae tot al die bestanddele opgebruik is.
Eindig met die maaskaaslaag.
Versier dit mooi met sjokoladevlokkies en kersies
Plaas in yskas tot benodig.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 212 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *