KERSFEES : LAAT ONTBYT TREFFER *** PLAATKOEKIES soos ouma sin

Baie Dankie vir jou resep Erna Butler

PLAATKOEKIES soos ouma sin

Bestanddele
150 ml karringmelkby kamertemperatuur
225 g koekmeel
Sout
1/2 teelepel witsuiker
1 teelepel aktiewe droe gis
159 ml louwarm water
1/4 teelepel koeksoda

Bestanddele Vulsel
Sit die volgende bedienings op die tafel om met die warm plaarkoekies te geniet
Botter, vir smeer
Heuning en recotta
Vyekonfyt en bloukaas
Bessiekonfyt met styfgeklopte room

Metode
1. Gebruik karringmelk en meng AL die droe bestanddele behalwe die koeksoda , saam in n groot mengbak.
Maak n holte in die middel en giet karringmelk en louwarm water daarin. Meng tot n gladde beslag.

2. Bedek met skoon lap en laat beslag in warm plek staan vir n uur lank om dubbel die hoeveelheid te rys. Deeg moet lig en sponserig wees. Klop enige lugborrels uit en voeg die koeksoda by en meng goed.

3. Giet die beslag in n beker en laat staan op n warm plek vir 30 minute

4. Verhit n kleefwerend pan oor matige hitte.
Smeer eiersirkels met bitter en plaas in pan.
Skink die ringe halfvol beslag.

5. Bak sowat 10 minute tot borrelend aan die bokant.
Verwyder die sirkels en draai die plaatkoekies om.
Bak n verdere minuut of twee en haal vd plaat af.
Hou dit eenkant en back die oiorblywende plaatkoekies.

Bedien dit warm met bogenoemde vulsels en geniet!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 391 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *