Koffie

Eendag lank gelede kon ‘n bokwagter nie sy oë oophou nie. So tussen in slaap en wakker sien hy die bokke ook maar ronddrentel. Die bokke gaan staan by ’n bos en eet hierdie rooi bessies, en hoe meer hulle daarvan eet hoe meer hardloop en spring hulle rond. So gaan pluk die man ook van die rooi bessies en eet daarvan. Vergete is die slaap,  hy hardloop al singende en springende na sy vrou toe. Sy vrou staan in die deur en is baie bly en verbaas dat haar man so op en wakker te sien.

Die twee neem van die bessies na die plaaslike hotelier toe. Terwyl die hotelier die bone in die vuur gooi en vir die arme mense preek oor die duiwel kom hierdie heerlike aroma na hulle toe aangesweef. Net daar besluit hierdie hotelier dat die bone nie van die duiwel is nie, aangesien net op daardie oomblik ook toe priesters in die hotel inkom. Die hotelier grou in die vuur rond vir die swart gebrande bone, hy maal dit toe fyn en gooi warm water daaroor. Hy gee dit toe aan die priesters om te drink. Net daar begin die priesters ook op en wakker word.

Jare daarna het Pous Clement VIII het jare daarna probeer om die drankie ook te verban as gevolg van die duiwels daarin. Nadat hy dit geproe het, het hy dit geseën en veilig gemaak vir die Christine om te drink. In 1640 was dit die inding gewees om koffie te drink terwyl sake bespreek word. Net na die Boston Tea Party het die mense nie tee gedrink nie omdat dit onpatreoties was. Hulle het na ’n nuwe warm drankie begin soek om te drink. Na die oorlog het omtrent almal begin koffie drink.

In 1903 het ’n Duitser genaamd Ludwig Roselius die eerste kafien vrye koffie gemaak. In 1906 het die eerste kitskoffie verskyn.  Die kitskoffie is nogal vervaardig deur ’n Engelsman. Nestle het hierdie patent van hom gekoop. Maxwell House het kitskoffie pakkies gestuur saam met die soldate wat oorsee gaan veg het. Dit was die oorsaak dat nog meer mense koffie begin drink het. Vandag is daar miljoene mense wat koffie drink in die oggende om aan die gang te kom. Hulle doen dit by hulle huise of in koffie kroeë.

Koffie kom in baie gedaantes voor. Met melk, sonder melk, met room of sonder room, maar daar is een ding seker en dit is dat ’n koppie koffie op die regte tyd is darem lekker. Die aroma wat in mens se neusgate indring wanneer jy by ’n koffiekroeg verbyloop is amper net so erg vir my as wat die reuk van braaivleis is. Dit maak nie saak of jy nou net ’n koffie agter die blad het nie, die aroma sal jou weer een laat drink.

Hoe koffie in Suid Afrika aangekom het weet ek nie. Maar dat koffie ’n in ons ou volkie se harte ingekruip het dit is beslis waar. Want die mense van melewe (wanneer het ek die woorde laas gehoor ?) het mos nie van koffie gepraat nie maar van ’n koppie boeretroos. Hoe die gesegde en waar die gesegde ontstaan het sal ek graag wil uitvind. Dit moes seker ’n vreeslikke storie vir die Voortrekkers gewees het om koffie te maak en te kry langs die trekpad.

Erens in my grysselle verbeel ek my dat ek iewers gelees het dat die Voortrekkers op ’n stadium een of ander wortels gebrand het en gemaal het om net die smakie van koffie te kry.  Hoe dit ook al sy, ek weet dat as ek in die oggend nie my koffie gehad het nie, staan ek maar swaar op.

Dankie tog aan die slapende bokwagter en sy en sy gelukkige vrou waarvan ons die nalatenskap gekry het. Ek dink dat as die bokwagter dit nie ontdek het nie sou ons seker almal vandag net tee gedrink het…

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 103 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *