Kolonel Sanders

Daar is seker min mense wat nie van Kolonel Sanders se hoender hou nie. Dit is al ‘n huishoudelikke naam in Suid Afrika. Almal ken die gryskop man, met swart strik das. As ek aan Kentucky hoender dink kom beelde van my jong dae op. Toe ek sowat ses of sewe was (so in 1962 se koers) het ons hoenders aangehou in ons erf. Daardie tye kon mens dit nog doen. Ek het so saam met die hoenders in die agterplaas gaan speel.  Hulle het nie een dag se rus en vrede gehad nie want ek het hulle goed rondgejaag.  Veral die een hennetjie wat ek kiepie genoem het.

So eendag stuur my Pa my om by ‘n vriend te gaan speel. Daar hardloop ek om die hoek. Toe ek by my vriend se huis aankom is hulle nie daar nie. Net daar draai ek om en hardloop terug net om te sien dat my Pa kiepie se kop afkap. Ek het gehuil en so tussen die trane deur het ek gesê dat ek nooit weer kiepie vleis gaan eet nie. Vir 11 jaar van my lewe was dit waar gewees. Elke keer as my Ma hoender gaargemaak het moes sy vir my iets anders gaarmaak. 

In my matriek jaar gaan ‘n paar van ons uit. Toe ons by my vrou se huis aankom het haar Ma as ‘n treat vir ons jong klomp Kentucky hoender gekoop.  Hier sit ek met hierdie hoender boudjie in my bord. Omdat ek nog skoonma wou beindruk het ek die hoender maar gevat en begin eet. Ek was ook te skaam om die vriendelikke tannie te se ek eet nie hoender nie. Dit het swaar gegeaan maar die hoender is in en was toe nie sleg nie. 

Genoeg van my. Kolonel Sanders het op 65 jarige ouderdom op straat gesit nadat hy jare lank ‘n eienaar was van ‘n Restaurant. Hy het in die tou gaan staan vir sy eerste werkloosheids tjek. Hy het ‘n skamele $ 105 tjek gekry. In sy jong dae moes die kolonel vir sy broers en susters sorg. Hy het geleer kook by sy ma, wat hom onderandere geleer het hoe om hoender gaar te maak. 

Hy het verskeie werke gehad en een van die werke wat hy gehad het was as bestuurder van ‘n Motorhawe. Hy het ‘n gaping in die mark raakgesien en  begin om vir die reisigers wat by sy motorhawe aan doen kos te verskaf. Sy kos besigheid het so goed gedoen dat hy eindelik ‘n restaurant oopgemaak het en hoog op die spyskaart was gebraaide hoender met 11 verskillende kruie en speserye.

In 1935 toe Sanders 45 was, het die Goeweneur van Kentucky hom ‘n Kentucky Kolonel gemaak. Lyk vir my iets soos ‘n ere burgerskap. Hy het die titel gekry vir sy wonderlikke kos wat hy gemaak het. 

Op die hoogtepunt van sy restaurant en sy loopbaan, hoor die Kolonel dat daar ‘n snelweg gebou gaan word en dat die snelweg al die reisegers verby die dorp gaan neem. Nadat die snelweg gebou is maak die Kolonel sy Restaurant toe. Na sy eerste werkloosheids tjek het hy gesien dat hy finansieel nie gaan oorleef nie. Net daar beskuit hy dat hy nie vir altyd op sy stoep gaan sit en wag vir die skrale tjek van die regering nie. 

Hy gaan praat toe met mense en oorreed hulle om geld te belê in sy hoender resep. Net daar is Kentucky Fried Chicken gebore. Die Kolonel was nog aktief in die besigheid gewees totdat hy 80 geword het. Vandag word Kentucky hoender daagliks in 80 lande bedien. Nog steed met die oorspronklikke resep.

Hoender is en bly maar een van die heerlikste vleise wat daar is. Daar kan soveel met hoender gedoen word en op soveel maniere gaargemaak word.  Ons moet miskien dankie sê aan die mense wat die snelweg beplan en gebou het. As dit nie vir hulle was nie, sou die Kolonel se heerlikke resep vir ewig vir ons verlore gewees het. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 178 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *