Kos en Trane

Diëte  is nie ‘n maklike onderwerp nie en dit is ook iets waarmee ek persoonlik sit. Daar is soveel teorieë oor die hoekoms en waaroms. Ek het net een probleem en dit is ek is lief vir eet, en ek kan nie verstaan dat die mense om my kan eet en nie gewig aansit nie en ek kan nie eers vir die kos kyk nie en dan kom die kilo’s sommer so aangehardloop na my toe. Al wat help is om reg te eet, oefeninge te doen en baie water te drink iets wat ek nie kan doen nie.

So saam met die diëte het ek ook al gewaag om die wonder kure te probeer. Drink hierdie pil en die kilo’s smelt sommer so van jou weg. Drink hierdie eet aanvulsel in die vorm van ‘n melkskommel en binne tien dae sal jy jouself nie ken nie. Al hierdie advertensies het eending in gemeen en dit is om ons die publiek van ons swaar en hardverdiende geld te ontneem. Want al hierdie mooi en soet advertensies sê dit nie, maar dit is in die fyn skrif en dit is “Only effective with a kilojoule controlled diet”. As jy reg eet sal jy gewig verloor sonder enige van daardie middels.

Wanneer jy dieët, begin jy lekker vinnig gewig verloor. Die eerste paar kilos wat jy afskud is in elk geval water. Nou begin die sports eintelik. Jou brein sien hier is dinge aan die gebeur en begin dadelik sy meganismes inskop. Jou brein is nie daarvan bewus dat jy wil gewig verloor nie en dink jy is besig om jou self te verhonger. Hy stuur dadelik seine na die maag en sê aan die maag hokaai, begin om jou metabolisme stadiger te maak. Nou dieet jy dat die sop so spat maar jy staan doodstil op jou gewig. Almal wat daarvan bewus is dat jy dieet, dink ja hy kon nou weer nie uithou nie en het weer lekker weggelê aan al die lekker dinge van die lewe.

Jou liggaam het drie dinge nodig om te oorleef en dit is koolhidrate, vet ja dit is reg, en proteïene. Neem jy een van die dinge uit jou dieet dan begin jou metabolisme stadiger te werk. Dit is ook nodig, veral vir mense wat dieet om multi vitamins te drink. Die vitamins gee jou aanvullings wat nodig is vir jou liggaam.

Die probleem kom daarin vir baie mense en dit is wat gemaak as jy jou gewig verloor het, hoe hou jy dit daar. En die antwoord is eenvoudig en dit is eet gesond, meer vars rou groente en vrugte. Eet minder. In plaas van 3 lepels rys skep net 2 lepels in. Drink minder suiker in jou koffie en tee. Probeer om meer oefeninge in te kry. Loop daardie kilometer na die naaste kafee in plaas daarvan om in die kar te klim en ry dit sal jou die nodige oefening gee. Drink baie water want hoe meer water jy drink hoe meer onnodige stowwe skei die liggaam af.

Moet nie al die vet in jou dieet uitskakel nie, maar eet net minder. Probeer om meer witvleis en vark te eet as rooivleis. Moet nie sommer koue vleis of kafee kos eet nie. Gebruik baie vars kruie en speserye in jou kos. Probeer om so min as moontlik van vet en olie gebruikmaak wanneer jy kook. Eet ook jogurt en vars vrugte as nagereg eerder as om daardie heerlike soet poedings te maak.

Dit is en bly maar ‘n stryd om van die vet ontslae te raak. Maar u sal verbaas wees hoeveel kan u verloor en afhou as u net so ‘n paar veranderinge in u dieet aanbring. Bly asseblief ook weg van al hierdie wonder kure.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 418 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *