Kos in die Nuus

Hierdie is ‘n klompie artikels wat ek versamel het waarin kos die nuusmaker was. Hoop julle vind dit net so interessant soos wat ek dit gevind het.

Eastern Foods Inc die vervaardigers van Naturally Fresh ®,  ook in Amerika, maak ‘n slaaisous spesiaal vir kinders wat gelaai is met vitamines. Hulle filosofie is hulle wil kinders kis gee wat lekker maar ook gesond is. Hierdie slaaisouse is nie sommer enige kleur nie, maar dit is ‘n skokkende pers en ‘n mooi helder oranje. Hierdie slaaisouse is veronderstel om saam met vars groente geniet te word. Die vervaardigers neem dat hulle so die kinders sal leer om reg te eet. Gelukkig is ek nie meer ‘n kind nie. 

Ek weet wat bedien hulle in ‘n kroeg en dit is natuurlik drank. Ek het ook al gehoor van ‘n koffie kroeg en as ek reg kan onthou het ek iewers gelees van ‘n water kroeg. Maar in New York het daar nou ‘n sjokolade kroeg oopgemaak. Hier kan jy sjokolade koop, en onder andere nostalgiese sjokolade stafies, wat dit ook mag beteken. Hulle bedien darem ook tee en koffie saam met heerlike gebak, en o ja warm sjokolade ook. Miskien moet van ons meer vindingryke Suid Afrikaners wat in New York is begin met ‘n biltong kroeg of dalk ‘n koeksister kroeg.

Wat is die gewildste drankie in Engeland. Nee dit is nie tee nie maar wel Coke. Hulle reken die tweede gewildste drankie is wyn. Wyn verkope in Engeland is aan die styg. As julle wou weet hoeveel spandeer die Engelse aan Coke is dit maar net sowat 670 miljoen pond per jaar. 

Tesco, een van die grootste kleinhandelaars in Engeland het so ‘n ruk gelede ‘n program geskryf wat jy van die Internet kan aflaai. Hierdie program kan dan afgelaai word en dan kan jy rustig op jou tyd sit en jou inkopielys voltooi, en dan oplaai sodra jy weer op die internet gaan. Hulle sê nie wat vêrder met jou bestelling word nie. So dit word seker afgelewer.

Die gewildste vleis in Europa ? Hoender en varkvleis. Hulle reken dat die Europeër gemiddeld sowat 21.4 kilogram hoender per jaar eet.

Hier in Suid Afrika is daar nou ‘n debat aan oor die groei van Genetiese Veranderde Graan. As daar iemand is wat baie van die dinge weet, skryf asb net so ‘n paar sinne oor die onderwerp vir ons. Dit sal opreg waardeer word. Party kenners neem dat die graan jou op een of nader manier kan “verander”. Ander kenners neem dat die graan niks aan jou kan doen nie. Ek weet min van die onderwerp maar my mening is dat indien jy die graan sal eet, gaan jou liggaam al die minerale en vitamienis uit die graan neem en die res van die produk gaan op ‘n natuurlike wyse deur jou liggaam verwerp word.

AL wanneer kos in die nuus is by ons is as daar iemand afgedreig word of doodgaan aan die eet van giftige kosse. So ‘n jaar of twee gelede is daar twee kinders in Springs dood nadat hulle blikkies vis geëet het wat nie meer so vars was nie. Hulle was baie arm en ‘n familie lid, sovêr ek kan onthou, het hierdie blikkies vis baie goedkoop gekry. Maar die verval datum was al lankal in die verlede gewees. Die kinders het van die vis geëet en dit sekerlik ook geniet. ‘n Paar ure daarna het hulle gesterf van voedsel vergiftiging. Dit is die tipe nuus waarsonder ek kan klaarkom.

Kos, omdat dit so belangrik is, sal maar kort kort opduik in die nuus. Al is dit net om te sê dat die kospryse opgaan. 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 113 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *