Lui Lekker Lewe

Die lewe het oor die afgelope paar jaar baie gemaklik geword. As ons iets nodig het gaan ons net na de naaste inkopie sentrum toe en gaan koop dit, en as ns nie daarvan hou of dit is opgebruik dan gooi ons dit net doodeenvoudig weg. Ons kibbel nie eers oor die prys as ons iets aankoop nie.

My vrou is baie lief vir lemoene. Met die lemoene wat so goedkoop is besluit ek om lemoenkonfyt te maak.(LW nie marmelade nie maar wel konfyt). Ek spoor ‘n maklike resep op en gaan maak dit. Sy is gaande oor die eindproduk. By haar werk vertel sy vir almal van die konfyt en met alle mag en mening wil hulle net proe. Ek stuur ‘n bottel na haar werk toe. Almal oe en aah en een vrou vra wat sal dit kos om ook vir haar te maak.

Ek laat weet vroulief dat om een sakkie lemoene in te maak, net vir die bestanddele sal dit R 50 kos. Dan moet hulle, om die koste laag te hou sommer hulle eie botteltjies saamstuur. Verder sê ek kan hulle dan sommer so ‘n ekstratjie bysit as ‘n maakloon. Nie een het my gevra om vir hulle te maak nie. Nou ewe skielik is dit te duur. Ek het nie eers uitgewerk hoeveel kos die krag ens nie. 

Daardie selfde mense sal eerder inkopie sentrum toe gaan en drie keer soveel betaal want dit is kwansuis goedkoper. 

Hoeveel kan mens vra vir tuisgebak en tuisgemaak ? Hoekom dink mense dat tuisgebak en tuisgemaak altyd baie goedkoper moet wees. ?

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 137 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *