Matt 4V18

Maandag 3 Nov. 2014 Tema: Nog ’n deur in my lewe 1
****My eie woorde
****Ons kom elke dag voor deure in ons lewens te staan .
Sommige is oop ander is toe. Tog is die moeilikste deur, daardie
deur waar die onbekende aan die anderkant wag, of die deur oop
of toe is, jy weet nie wat daar binne wag nie.  Kyk wat het Simon
wat ook Petrus genoem is, en Andreas sy broer agter hulle toe
deur gevind.
Matt 4V18 En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien
Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy
broer, besig om ‘n net in die see uit te gooi; want hulle was
vissers. 19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle
vissers van mense maak. 20 En hulle het dadelik die nette laat
staan en Hom gevolg.
**** Kyk net hulle geloof.  Hulle neem Jesus volkome op Sy
woord.  Hulle vra nie hoe seker is dit nie of kan hulle Hom glo nie,
nee dit sê hulle los “DADELIK” hulle nette.  Dit is die Blye
Versekering vir jou en my vandag.  As Satan vandag aan jou deur
klop stuur Jesus om dit oop te maak. As Jesus vandag aan jou
deur klop volg Hom dadelik.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 3 November2014
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Elsa Kirsten 3 November
Jenny Jacobs 03 November
Chantal Sons  03 November
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 84 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *