Matt 5V44

Maandag 17 Nov. 2014 Tema: Hy is regverdig. 1
****My eie woorde
 ****Ons is almal so dankbaar vir die reën wat geval het, tog
wonder ek vanoggend hoeveel reën sou daar geval het as die
Here net laat reën het oor Sy toegewyde kinders? Hoe dankbaar
is ek vir dié skrifgedeeltes vanoggend…. Hy gee vir ALMAL uit SY
hand, Hy het nie “witbroodjies” nie . Dan ons sending opdrag
vanmôre – seën, doen goed en bid . Laat ons onsself aan Hom
onderwerp dat ons dit kan doen die week.
Matt 5V44
44  Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat
vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir
die wat julle beledig en julle vervolg;45  sodat julle kinders kan
word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat Sy son
opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en
onregverdiges.46  Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet,
watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?
47  En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle
dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? 48  Wees julle dan
volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 17 November2014
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Dalene Odendahl 17 Nov.
Martin Strydom 17 Nov
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKSontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 90 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *