NAWEEK KOEKIES

Bestanddele
125 g. botter of margarien.
80 ml. ( 1/3 kop.) suiker.
1 ekstra-groot eier.
250 ml. ( 1 kop.) bruismeel.
180 ml. ( 3/4 kop.) korente.
500 ml. ( 2 kop.) Rice Krispies of graanvlokkies, liggies fyngedruk.

Metode
Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer ‘n paar bakplate. Verroom die botter of margarien en suiker goed tot lig en romerig. Voeg eier by en klits goed. Sif bruismeel oor bottermengsel en voeg korente by. Roer liggies. Voeg Rice Krispies of graanvlokkies by. Vorm bolletjies en pak op bakplate. ( Laat ruimte toe, want die koekies sprei effens ) Bak 10 – 15 minute tot gaar. Lewer 45 koekies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 285 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *