Outydse Doekpoeding

Bestandele:
• 5 Koppies Meel
• 5 Eiers, geskei
• 1 ½ Koppie Appelkoos Konfyt
• 250 ml Botter
• 250 ml Suiker
• ½ Teelepel Sout
• 250 ml Ontpitte Rosyne
• 250 ml Dadels
• ½ Teelepel ,grasperde Neut
• 25 ml Koeksoda
• ½ Koppie Melk

Metode:

Room botter en suiker saam en voeg die geklitste eiergele by.
Voeg die appelkooskonfyt by.
Snipper die dadels en voeg die rosyne by.
Los die koeksoda op in die melk en gooi dit oor die vrugte. Voeg dit by die bottermengsel.
Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die mengsel.
Klop die eierwitte styf en vou dit in die mengsel in.
Smeer ‘n linnedoek met botter en sprinkelmeelblom oor.
Skep die mengsel daarin en bind die doek toe. Los egter genoeg spasie vir diepoeding om te rys.
Plaas die poeding in kokende water en plaas die deksel van die kastrol op.
Stoom vir 3 uur lank.
Bedien met ‘n sous van jou keuse, maak ‘n lekker wynsous smaak heerlikhierby.
NB : Die munt stukke kan in foil toegedraai word en ook in die mengsel ingesit word, dis n groot opgewondenheid vir die kinders om die munt stuk te vind.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,354 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “Outydse Doekpoeding”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *