Peperment Sjokolade Mouse

GENOEG VIR 8 MENSE
Bereiding: 25 min.
Verkoel: oornag

Bestanddele VULSEL
500 ml (2 k) volroommelk
160 ml (²⁄₃ k) suiker
60 ml (¼ k) meelblom
4 eiers, geskei
5 ml (1 t) sout
60 ml (¼ k) kakao
60 ml (¼ k) kookwater
100 g Peppermint Crispsjokolade, gerasper
30 ml (2 e) gelatien
60 ml (¼ k) koue water
60 ml (¼ k) brandewyn
ekstra 50 g Peppermint Crisp-sjokolade
KORS
200 g Tennis-beskuitjies, fyngedruk

Metode
Vulsel Meng die melk, suiker, meelblom, eiergele en sout in ’n kastrol oor matige hitte. Roer aanhoudend tot die mengsel kookpunt bereik. Die vla moet glad en dik wees wanneer dit gaar is. Verwyder van die hitte; laat afkoel. Verdeel die vla in twee.

Klits die kakao in die kookwater en laat afkoel. Meng die een deel van die vla met die afgekoelde kakaopasta en gerasperde sjokolade. Meng goed en sit eenkant.

Los die gelatien in die koue water op, verhit 20 sek. in die mikrogolf en voeg dit en die brandewyn by die ander vla. Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm. Vou dit in die gelatienvla.
Kors Rangskik die beskuitjies styf teen mekaar in ’n tertbak van glas.

Skep die sjokolademousse oor die beskuitjies, gevolg deur die wit mousse. Garneer met die ekstra sjokolade en oorskietbeskuitjies. Verkoel oornag.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 196 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *