Sago Melkkos

Bestanddele
60 ml sago geweek in 150ml water (vir ongeveer 30 min)
750 ml (3 koppies) melk
2 ml sout
15 ml botter of bak-margarien
10 ml koekmeelblom
5 ml maizina
2 ml bakpoeier
1 ekstra-groot of Jumbo eier, geskei.
kaneel-suiker na smaak.

METODE:
Bring 600 ml van die melk tot kookpunt saam met die sout en botter en voeg dan die sago by. Stel hitte op laag en prut terwyl aanhoudend geroer word, om aanbranding te voorkom, totdat sago sag en deurskynend is (ongeveer 5-8 min). Klits eiergeel, meel, maizina en bakpoeier saam met die oorblywende 150ml melk tot gemeng en voeg by kokende mengsel. Kook alles nou goed deur tot gaar vir ongeveer ‘n verdere 3 min. Verwyder pot van stoof, klits eierwit tot styf en vou nou die eierwit liggies in die melkkos in. Skep op in bakkies en strooi kaneel-suiker bo-oor volgens smaak.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,287 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *