By niël stemmet
Kyk daar is min goed so lekker as mosterd saam met vleis , veral as dit vark en skaapvleis is.
Die oumense het alles effe soet gemaak, ek weet nie of dit ‘n suid afrikaanse gewoonte is nie, maar ewenwel dit is en bly ‘n lekker gewoonte
Hier volg ‘n outydse mosterd resep. in plaas van dat jy nou ten duurste mosterd uit ‘n bottel in ‘n winkel gaan koop – kan jy jou eie maak en sommer die ou dae ook verlang
Bestanddele
8 t mosterdpoeier
4 e druifasyn
16 t suiker
4 e kookwater
4 groot eiergele – ordentlik geklits
Metode
Klits alles goedsaam. gooi in dubbelkastrol. roer aanhoudend tot die mosterd dik en gaar is. haal van die stoof en roer 1 e koue botter by.
Plaas in ‘n mooi skoonglasbottel en bere in die yskas. geniet saam met vleis op jou daaglikse brood.
Onthou jy growwe bruinbrood, met plaasbotter, skywe koue boudvleis, tamatie, uie en dan bo-op sout, witpeper en sommer ‘n ordentlik veeg mosterd ?