Sout / Soet Krakers

Dankie vir jou resep Okkie

Bestanddele
24 Salticrack koekies
3/4 koppie botter
3/4 koppie bruin suiker
2 koppies albany of bournville sjokolade skyfies
1/2 koppie gekapte pekan neute

Metode Voorverhit oond teen 180 Celcius. Voer 20 x 30 cm oondpan uit met foelie wat liggies met spuitolie behandel is. Rangskik salticracks in enkellaag op die foelie. Bring botter en bruinsuiker tot kookpunt en kook vir 3 minute {roer aanhoudend} Gooi oor salticracks en bak in oond vir 5 minute. skakel oond af en gooi sokolade skyfies eweredig oor lae in pan. Sit terug in oond vir 3 minute of tot sjokolade gesmelt en maak dan seker dit is eweredig versprei.Laat afkoel en breek in stukke. Bêre in lugdigte houer in yskas

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 324 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *