Stampmielie Gereg (Maureen Paulson)

Betsanddele
500 ml Stampmielies
7 ml Sout
10 ml Olyfolie of botter
250 g. Spek, gesnipper
250 g Sampioene in skyfies gesny
250 ml Mayonaise
125 ml Vars room
1 pakkie Wit uiesoppoeier
250 ml Gerasperde cheddar kaas
Vars gemaalde swart peper

So Maak Mens:
Week mielies oornag. Dreineer dit en voeg in pot met genoeg water en bedek, kook tot gaar. Dreineer baie goed. Vooorverhit oond tot 180 en smeer ‘ oondvaste bak. Verhit die olie of botter in ‘n pan en braai die spek en sampioene tot bruin. Meng die mayonaise, room, soppoeier en kaas in ‘n groot mengbak. Voeg die mielies, spek en sampioene by en geur met peper. Skep die mengsel in die boorbereide oond bak en bak vir ongeveer 60 minute tot bruin bo-op.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,768 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *