Vryvorm-sjokolade-tert

Deur Herman Lensing, SARIE – April 2010

Die tert verg geen uitvoer van panne met deeg nie. Dis eenvoudig om te maak.Die tert stol eers heeltemal wanneer dit afkoel. Moet dit dus nie te lank bak nie, anders gaan die vet in die sjokolade uitborrel.

Bestanddele
(1 tert)
280 g (250 ml) koekmeel
155 g botter
30 ml strooisuiker
30 ml yskoue water
300 g donkersjokolade, gekap en gesmelt
200 g botter, gesmelt
5 eiergele

Metode
Verhit oond tot 160 °C. Plaas meel, botter en suiker in ‘n voedselverwerker. Meng tot die tekstuur van growwe broodkrummels.Voeg water by en meng tot ‘n deeg vorm. Draai toe in kleefplastiek en verkoel vir 20 minute. Rol koue deeg tot 3 mm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak uit. Plaas op ‘n bakplaat uitgevoer met bakpapier en vou die deegrande na binne om ‘n sirkel van sowat 20 cm in deursnee te vorm. Die deeg wat jy invou, vorm die rand van die tert. Laat rus vir 20 minute in yskas. Prik boom met ‘n vurk en bak vir 15 minute.Verwyder uit oond. Meng res van die bestanddele saam. Gooi in die gebakte kors en plaas terug in die oond.Verlaag temperatuur na 140 °C. Bak die tert vir 20 – 25 minute of tot net gestol. Laat afkoel in die yskas tot yskoud.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 342 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *