Wie kan Hennie Haasbroek help?

Hoe maak ons mint jelly of te wel wat maak ons van baie vars mint in die tuin???

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

2 thoughts on “Wie kan Hennie Haasbroek help?”

  1. Ek neem gewoontlik sommer 2 tot 3 koppies gekerfde mint ‘n halwe koppie suiker, ‘n knippie sout en kook dit in omtrent 3 koppies water tot goed sag maar moet nie “dood”kook nie. Dan haal ek dit van die stoof af (of self gouer in die mikrogolf) laat effe afkoel, en voeg dan 1 koevertjie (15ml) gelitien by. Roer goed deur en bottel!! Siedaar mintjelly!!!
    Dis ook heerlik om te trek soos ‘n tee, suiker na smaak by te voeg en in die yskas te bêre vir ‘n heerlike verfrissende somer drankie basis. Daarby kan jy appelstukke voeg, kersies ingooi, ystee maak, ens daar is geweldig baie om te doen daarmee. Ook is dit baie oulik veral nou met Kerstyd om die mintblare in ysbakkies met water te voeg en te vries vir dekorasie saam met jou pons pf enige ander drankies, dit lyk baie mooi en proe vars. Mint vries ook net so in ‘n sakkie in die vrieskas baie suksesvol.
    Groette,
    Alida Schultz

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *