Witrivier

So paar maande by die SP Wag kry ons ‘n uitnodiging van Witrvier skou af om daar te kom optree. Een oggend vroeg trek ons met die Bedford’s uit Pretoria weg.

Die rit was heerlik gewees, want ons het uitgesien na die paar dae vakansie. Enige iets wat ons gedoen het buite die basis was soos vakansie gewees. Ons so paar dae in Witrivier oorslaap.

Daar aangekom gaan ons na Witrivier kommando se kamp toe. Daar is tente al klaar vir ons opgeslaan. Dinge kon nie beter nie. Die volgende dag het ons begin oefen vir die groot parade.

In die kamp was daar so paar kommando’s gewees wat wag gestaan het. Hulle was nie juis gepla oor ons nie, en het sonder die offisiere se mede wete ons in die kamp laat gaan sonder pas. So het baie
van ons groep Witrivier leer ken.

Die groot dag breek aan en ons is op ons beste. Ons dril en hoe harder die hande klap en oe en ah’s hoe meer show ons af. Die middag het die plaaslike tannies gesorg vir kos. Al wat ek kan onthou is dat ons soos konings geëet het.

Die middag was die skou aan en ons het daar rondgeloop en alles geniet saam met die mense. Een van die items was vark vang. Een van ons troepe het die vark gevang. Dit was nie so groot vark
gewees nie.

Die varkie word saam op die Bedford gelaai en teruggeneem na Pretoria toe. Iemand het ‘n pen geneem op die varkie se rug ‘n stafsersant se kenteken gemaak. Dit was baie snaaks gewees vir
ons. 

Een van ons stafsersante was ‘n beneukte man met so ‘n pienkerige vel. Sy bynaam was Pienk vark gewees. Ons het sommer die arme varkie Pienk vark gedoop.

Staf Pienkvark (die mens) was seker nie so ingenome met Staf Pienkvark die vark nie, want Maandagoggend kom die DBV daaraan en vat die pienk varkie daar weg. Ons was nogal hartseer
gewees wat ons het die varkie so lekker bederf op die amry kos. Hy het die Army se kos so geniet.

60

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 96 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *