Wors met Ratatouille

Bestanddele
300 g boerewors
Bestanddle Sous:
1 ui, fyngekap
15 ml kookolie
2 tamaties, in blokkies gesny
1 eiervrug, in skywe gesny
125 g jong murgpampoentjie, in skywe gesny
5 ml sout
1 ml varsgemaalde swartpeper
2 ml orego

Metode
Plaas die wors in ‘n koue roosterpan. Verhit dit geleidelik en rooster wors tot amper gaar. Verwyder uit pan en hou eenkant warm. Soteer ui in verhitte kookolie. Voeg tamaties, eiervrug, murgpampeontjie en geurmiddels by en laat stadig prut tot sag. Voeg wors by sous en prut saam vir sowat 5 minute.

Variasie: Sampioene, groenrissie, knoffel, ui en tamatie kan gebruik word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 129 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *