Deuteronomium 1:31

Dinsdag 9 Desember. 2014 Tema: Wanneer ons moet ly 2
****My eie woorde
**** Vanoggend tref hierdie teks my weer opnuut. Ons sien altyd
op TV hoe ‘n vrou of ‘n kind gedra word. Tog as een man ‘n ander
man dra is dit ‘n ander storie . Die maklikste manier blyk tog, dat
‘n man,  wat ‘n ander man sou dra,  hom oor sy rug sou dra, of
sou abba soos ons as kinders gesê het. Wat maak dit dan so
uniek in hierdie teksvers. Jy sien die een wat abba is die
beskermer, hy sien die gevare, maar hy dra ook die volle gewig en
die verantwoordelikheid van die een wie hy dra. Verder nog, die
een wat gedra word moet hierdie persoon ten volle vertrou dat hy
hom nie sal laat val nie. Soms is die persoon bewusteloos en weet
hy nie eers dat hy gedra word nie. Wanneer jy vanoggend se teks
lees, maak jou oë vir ‘n wyle toe en ervaar dit is hoe jou en my
Here ons dra. Ons Abba Vader.:-)
Deuteronomium 1:31  en in die woestyn, waar jy gesien het hoe
die HERE jou God jou gedra het soos ‘n man sy seun dra, op
die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek
gekom het.
****Kyk vir ‘n wyle terug op jou lewenspad en ervaar … DIS hoe
die Here my en jou tot hiertoe gedra, ja ge-abba het, en jy het
daardie seker wete dat jy Hom volkome kan vertrou as jou
Beskermer as die een wat die volle gewig dra van al jou laste
sorge en krisisse, as die een wat volle verantwoordelikheid dra vir
jou veiligheid al het die lewe jou al ‘n uitklophou toegedien. Ja, as
die Een wat jou nooit sal laat val nie, omdat Hy Alsiende Alwetend
en Alomteenwoordig is. 
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9 Desember. 2014
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Simoné Mϋller 9 Des.
Christo Basson 9 Des.
Mark Appel 9 Des.
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:


Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadresmet “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.


DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
gebruik net die epos adres:
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.


Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 91 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *