Carol Elliott Claassen
BESTANDDELE
Plantjie
56g bakkersuurdeeg (die blokkies)
1 koppie water
2 gelykvol teelepels suiker
2 gelykvol teelepels fyn gemmer
Kristalle
2 suurlemoene
2 koppies kookwater
2 koppies suiker
Bier
1 koppie kristalle
2 koppies suiker
2 teelepels gemmer
24 rosyne
8 koppies water
METODE
Plantjie
Sit suurdeeg in ‘n glasfles.
Voeg die res van bestanddele by.
Hou die plantjie in die yskas.
Voer die plantjie vir 7 tot 10 dae elke tweede dag met 1 teelepel suiker en 1 teelepel gemmer.
Dreineer deur gaasdoek en hou die afsaksel. (Moenie die vloeistof weggooi nie!!)
Die afsaksel kan weer gebruik word. Dit word gevoed met 1 teelepel suiker en 1 teelepel gemmer (soos hierbo).
Kristalle
Neem nou die vloeistof wat jy afgegooi het en voeg die sap van 2 suurlemoene, 2 koppies kookwater en 2 koppies suiker by.
Roer tot die suiker opgelos is.
Vul aan met water tot daar 4½. liter vloeistof is.
Gooi in bottels.
Laat staan oop vir 2 uur en skroef dan toe.
Wanneer die kristalle klaar gevorm is en jy wil nie die suurlemoen water gebruik nie, kan jy jou bier maak. (Gooi dit deur gaasdoek om kristalle te bekom).
Bier
Meng al die bestandele en gooi in bottels.
Dis reg vir gebruik ná 2 dae.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/gemmerbier.html
ek het twee keer ptobeer kry nie kristalle nie. help asb???
Het jy al kristalle gekry ek soek ook
Ek het weer ‘n meer duidelikke kristal resep opgesit. Gaan loer gerus na die week se resepte
Ek soek asb die voledige aanwysings om gemmerbier kristalle te maak Kry dit net nie reg nie asb
probeer die volgende
https://bottelenbere.weebly.com/gemmerbierkristalle—greta-bester.html
http://www.kookkuns.com/2009/04/gemmerbier.html
http://www.foodloversrecipes.com/2014/02/gemmerbier-kristal-plantjie/
Ek is werklik raadop. Wens so ek het kristalle. Wat ek wel ‘n paar maande terug gehad het is ‘n bottle wat se bodom onder mooi gekraak het en toe 8 voet in die lug geskiet het. Die heele aarde onder stroop. Eindelik was dit omtrent ‘n jaar of meer terug. Ek het jaare terug hulle gehad. Werk wonderlik. Ek woon in Amerika.
Put me on your post list please