Gemmerbierplantjie

Van die Internet af

Brou jou gemmerbierplantjie so: Week Een
Halwe teelepel gedroogde gis (dried yeast)
1 lekkerrond teelepel gemaalde gemmer
1 (weereens lekkerrond) teelepel suiker
1 koppie louwarm warm

Plaas alles hierbo in ‘n houer wat omtrent 4 koppies vloeistof sal kan baasraak. Skud sy sake goed! Maak hom toe met vadoekie enne rekkie. MOENIE deksel opsit- Toppie maan dit maak dan BANG!!!

Terwyl hierdie plantjie aan die groei is moet jy of water vir ‘n vale drink of lee koeldrankbotteltjies bymekaar maak of dit uit die mode raak om te drink want jy is besig om 14 liter gemmerbier te brou.

Week Twee:
Om jou brousel behoorlik aan die gang te sit moet jy twee koppies warm water – (nie verbrand warm nie want dan pleeg jy gismoord!)byvoeg. Nou moet jy elke dag getrou twee teelepels gemmer en twee teelepels suiker by jou plantjie voeg. Roer goed. Hierdie stappe herhaal jy vir nog een week! Maak seker dat jy aan die einde van hierdie week genoeg skoon bottels het 🙂

Week drie:
Nou raak dit tyd om te bottel 🙂 Eerstens het jy ‘n 20 liter houer nodig om alles te meng en ‘n tregter. Skoon lap om alles deur te suig/suiwer. Meng 48 koppies warm water, 1 koppie suurlemoen sap en 8 koppies suiker – roer tot alles opgelos is (maak seker jy het nie van die vorige mengsel geproe voor jy begin tel nie). Gooi die plantjie deur muslinlappie.

Die oorskiet word jou volgende plantjie of maak ‘n nuwe een. Gooi die gesuiwerde plantjie in die warm suikerwatermengsel. Roer tot alles opgelos is. Gooi in bottels. Outop maak bottels net driekwart vol om toe te laat vir gis. Laat bottels staan vir een week in koel plek. Hoe langer dit staan – hoe harder gesels dit met jou innerlike LOL!

Jy kan nou ys byvoeg of so lekseltjie gin/vodka/lime of net so kaal (skiesie vir die naakte voorstel, ek wou amper ook mooi advertensie maak vir Toppie se gemmerbrousel, maar myse magoed hou nog steeds haar oog oor my doen en late!)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 468 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *