Gepekelde Beestong

Baie dankie vir jou resep Jan
Bestanddele
1 Gepekelde Tong
3 Koppies rooiwynasyn
5ml Gemaalde knoffel
10ml Olyfolie
1 Koppie gekerfde pietersielie
1 Teelepel basielie
1 Takkie roosmaryn
5ml Swartpeper
5ml Sout

Metode:
Plaas tong in oondbak. Giet rooiwynasyn en genoeg water oor om te bedek. Kook tong 1 uur 45 minute in die oond. Meng die res van bestanddele saam. Laat tong afkoel en trek die vel af. Vryf in met die kruie en hou in yskas vir 3 dae. Haal 1 uur voor opdiening uit. Sny in skywe en bedien met soet mosterd.

Soet Mosterd
1 Blikkie kondensmeklk
1Eetlepel Mosterdpoeier
1 Teelepel mosterdsaadjies
3 ml Sout
5 ml Witpeper
2 Eetlepels wit asyn

Metode:
Meng alles goed saam . Bêre in yskas. Heerlik saam met koue vleise.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,637 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *